Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Indonesiese stadion binnekort gesloop ná stormloop

18 Oktober 2022

Die sokkerstadion in Indonesië, waar minstens 133 mense tydens ‘n stormloop dood is, sal gesloop word.

Die land se president, Joko Widodo sê hulle het besluit om die stadion te sloop en te herbou, as deel van ‘n belofte aan die Sokkervereniging (FIFA) om die sportsoort in Indonesië te transformeer.

LEES OOK: DODETAL STYG VERDER NÁ SOKKER-STORMLOOP

FIFA se hoof, Gianni Infantino het die stadion besoek, enkele weke ná die tragedie. Volgende jaar word die Onder-20 Wêreldbeker-sokkertoernooi in Indonesië gehou.

Woedende aanhangers van Arema FC het op 1 Oktober die veld betree nadat die span verloor het teen Persebaya Surabaya. Polisiebeamptes moes traangas en rubberkoeëls gebruik om toeskouers kalm te maak. Dit het egter tot ‘n stormloop gelei.

LEES OOK: UNIVERSITEIT SLUIT AL SY KAMPUSSE WEENS STORMLOOP VAN STUDENTE

Onder die oorledenes was 40 kinders. Die mees onlangse sterfte is ‘n 33-jarige man, wat in die hospitaal dood is.

Volgens Widodo sal die nuwe stadion se geriewe beter wees en sal spelers en toeskouers veiliger wees. “Ons gaan saam met FIFA werk om te verseker dat die stadion op standaard is.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende