Inbrekers buit bejaardes se Kersfees-bederfpakkies


Luister nou

Volgende

Inbrekers buit bejaardes se Kersfees-bederfpakkies

7 November 2022

‘n Groep verdagtes het die afgelope naweek by Solidariteit Helpende Hand se streekkantoor in Kempton Park ingebreek en na bewering meer as ʼn miljoen rand se voorraad gesteel.

Van die voorraad wat gebuit is, sluit in honderde bederfbokse wat vir bejaardes bedoel was, kos en pryse vir die streek se opkomende gholfdag.

Volgens Mariolette Vorster, Helpende Hand se streeksorganiseerder van die Oos-Rand, het die streek se maatskaplike werker, Charmanay de Klerk, Saterdagmiddag na die kantoor op die hoek van Lily- en Highveldstraat gegaan en gesien dat daar met die hek se elektriese motor gepeuter is.

“Charmanay het ons plaaslike veiligheidsmaatskappy ontbied en met ʼn veiligheidswag om die huis geloop. Hulle het opgemerk daar is rye voetspore om die huis. Daar was toe nog nie ingebreek nie,” sê Vorster.

De Klerk het die motorhek gesluit en aangesien dit laat Saterdagmiddag was, kon hulle eers reël dat iemand die motor Sondagoggend gaan herstel.

“Toe ons Sondagoggend daar aankom kon ons dadelik sien iets is fout. Hulle het alles waardevol waarop hulle hul hande kon lê gebuit – van ons skenkings, rekenaars, radio’s en pryse vir ons opkomende gholfdag op 17 November.” ʼn Groot kragopwekker, gereedskap en grassnyer is ook gesteel.

Vorster sê die grootste skade, buiten skade aan die huis, is die bokse wat vir 4 830 bejaardes gepak is om hulle vir Kersfees te bederf. Sy sê die boks se inhoud beloop sowat R1500 per boks.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

96d58afa-42a1-4c27-8099-22b1f3b5c92d

Vrot Vrystaatse munisipaliteit moet raad ontbind, beslis hof

Athol

Ramaphosa moes van die ander 42 adjunkministers ook ontslae raak – ActionSA

GuXXhRZWMAAYkBX

Speaker in die Tshwane-metro oorleef ‘n mosie van wantroue

MYj8olNR_400x400

DA-adjunkminister uit Ramaphosa se kabinet verwyder

Jacob-Zuma

Zuma bring ‘n hofaansoek teen sy skorsing uit die ANC

Ander Nuus Artikels

GAYTON
Gayton McKenzie: “Wit bevoorregting beteken nie dat reëls nie op jou van toepassing is nie”
sabc-news-Eugene-Modise-@ThswenaANC-1
Adjunk-burgemeester in die Tshwane-metro skuld R12,5-miljoen vir ‘n huur-eiendom in Noordwes
Untitled design
Ramaphosa sê hy hoef nié te verduidelik waarom hy Whitfield as adjunkminister verwyder het nie
96d58afa-42a1-4c27-8099-22b1f3b5c92d
Vrot Vrystaatse munisipaliteit moet raad ontbind, beslis hof
Athol
Ramaphosa moes van die ander 42 adjunkministers ook ontslae raak – ActionSA

Inbrekers buit bejaardes se Kersfees-bederfpakkies


Luister nou

Volgende