2 Augustus 2023
‘n Vermeende inbreker is dood aan beserings wat hy opgedoen het toe ‘n huiseienaar in Durban hom met kookwater gegooi het.
Volgens die KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, kolonel Robert Netshiunda, was die vrou alleen tuis toe die inbreker – wat met ‘n mes gewapen was – die agterdeur oopgebreek het en die vrou aangeval het.
Die oorledene het uit die huis gehardloop en op die grasperk ineengestort.
Netshiunda sê die Berea-polisiekantoor ondersoek ‘n rooftog en het ook met ‘n geregtelike doodsondersoek begin nadat die inbreker later beswyk het.
