10 Mei 2022
‘n Ikoniese skildery van die ontslape Amerikaanse aktrise, Marilyn Monroe deur die popkuns kunstenaar, Andy Warhol is gister vir $195-miljoen opgeveil.
DIT beteken dat dit dus die duurste skildery van die 20ste eeu is wat in ‘n openbare veiling verkoop is. Die skildery, Shot Sage Blue Marilyn is in 1964 geskilder – twee jaar na Monroe se dood.
Die skildery is by die Christie’s veilingshuis in Manhattan binne slegs vier minute verkoop. Dit is een van vyf skildery in Warholl se reeks.

Dié verkoopsprys het die vorige rekord vir ‘n 20ste eeu skildery uitgestof. Die Kubisme kunstenaar, Pablo Picasso se les femmes d’alger version o skildery is in 2015 opgeveil vir $179,4-miljoen.