Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Ikoniese Kersliedjie 65 jaar later uiteindelik nommer 1

5 Desember 2023

Die sangeres, Brenda Lee, se ikoniese vakansietreffer “Rockin’ Around The Christmas Tree” het vir die eerste keer die nommer-een plek op die Billboard Hot 100 gehaal – 65 jaar nadat dit vrygestel is.

Met dié prestasie breek Lee verskeie rekords, waarvan baie gehou is deur Mariah Carey en haar “All I Want for Christmas Is You”.

Dit is haar derde keer dat sy die eerste plek behaal en sy hou nou die rekord vir die langste gaping tussen ‘n kunstenaar se eerste en mees onlangse week in die top-posisie.

Haar eerste nommer-1 was haar enkelsnit “I’m Sorry” in 1960 – 63 jaar gelede.

Lee – wat volgende week 79 jaar oud word – is nou ook die oudste vrou om die nommer-een plek op dié ranglys te behaal en sy troef vorige rekordhouers soos Cher – met “Believe,” in die ouderdom van 52, en Carey met “All I Want for Christmas is You,” in die ouderdom van 53.

In reaksie op die prestasie het Lee gesê dat sy baie verbaas is en dit byna nie kan glo nie.

Foto’s: Spotify en

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende