Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Ikoniese Durban-pretpark maak dalk plek vir ontwikkeling

12 April 2023

Sosiale media-gebruikers het die afgelope paar dae met skok en teleurstelling gereageer nadat dit bekend geword het dat die gewilde Funworld-pretpark in Durban sy deure gaan sluit.

Die derde generasie eienaar van die pretpark, Nic Steyn sê sy huurkontrak met die eThekwini-munisipaliteit het in 2017 verstryk, en sedertdien word dit maand tot maand bedryf.

Dié munisipaliteit besit die grond by Durban se Noordstrand waarop die park bedryf word. Dit het in 1938 begin en oor die jare verskillende name gehad, maar word reeds vir 80 jaar deur dieselfde familie besit en bedryf.

Steyn sê weens ‘n stryd met die munisipaliteit is dit onmoontlik om die park aan die gang te hou. Hy sê hy huur die park vir ses maande teen R40 000 per maand, wat beteken dat dit nie noodwendig winsgewend is nie.

Intussen sê die eThekwini-munisipaliteit dat die Funworld-pretpark op 1 Mei vanjaar finaal sy deure gaan sluit. Die munisipaliteit sê in ‘n verklaring dat hul groot planne het vir die grond, en wil die omgewing van Durban se hoofstrand opknap tot ‘n “wêreldklas temapark.”

Die park se pretritte en toerusting sal vanaf 20 April op ‘n aanlyn veiling verkoop word. Die DA in die munisipaliteit het ook ‘n skrywe aan die burgemeester van Durban, Mxolisi Kaunda gerig waarin hulle hom versoek om die park se huurkontrak te verleng.

“Indien die park moet sluit sal dit ‘n groot verlies vir Durban se Noord-strand wees,” sê die raadslid, Sakhile Mngadi.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende