7 Julie 2022
Ian Cameron, die woordvoerder van die burgerregte-organisasie, Action Society het nou amptelik strafregtelike klagte teen die minister van polisie, Bheki Cele en polisiebeamptes by die polisiekantoor in Gugulethu aanhangig gemaak.
DIT kom nadat Cameron Dinsdag ‘n vergadering oor polisiëring in Nyanga en Gugulethu bygewoon het. Hy het vroeër gesê dat geweld ‘n reuse probleem in die gebied is en dat dit nie dieselfde aandag geniet as in ander provinsies nie.
Cele het egter uiters negatief gereageer toe Cameron oor menseregte gepraat het. Cele het daarna op Cameron gegil en geëis dat hy die vertrek moet verlaat. Hy is toe deur polisiebeamptes uit die vertrek vergesel.
Cameron sê die aanklagte is vir crimen injuria en aanranding