6 Mei 2022
Sangers, vriende en aanhangers het hulle medelye betuig nadat die dood van die Romanz-sanger, Adam Barnard (37) vanoggend deur sy vrou, Almitra bevestig is.

Hy was reeds die afgelope paar dae in ‘n kom nadat hy in 2016 met nierversaking gediagnoseer is. Adam is met ‘n seldsame toestand, Bartter-sindroom gebore, wat ‘n persoon se niere kan aantas.
Almitra het op 30 April in ‘n verklaring gesê dat Adam se liggaam, siel en gees moeg is. “Toe hy hoor dat hy weer opgeneem sou word vir infeksie was dit soos ‘n rots wat hy moet dra.”
Die Drie Pikkewyne sanger, Jakkie Louw het op sy Facebook-blad gesê dat sy vriend moet rus. “Jy was my tjom en soos ‘n engel vir ons. Ek sal jou weer sien in die Hemel.”
Ook die sanggroep, die Broers het ook hulle medelye betuig. “Hy was altyd n ware heer en n staatmaker. Ons harte gaan uit na sy gesin en familie. Gegewe ons n hegte groep is, weet ons hoe die manne van Romanz net so n hegte eenheid gevorm het.”
Hy laat sy vrou en dogter agter.