3 September 2023
Die minister van polisie, Bheki Cele sê die son het te vroeg gesak oor die lewens van 34 polisiebeamptes, waarvan vier vroue was.

Die jaarlikse herdenkingsdag om hulde te bring aan polisiebeamptes en reserviste wat tydens die uitvoering van hulle pligte dood is, word vanoggend by die Uniegebou in Pretoria gehou. Hierdie beamptes is tussen April 2022 en Maart vanjaar oorlede.
President Cyril Ramaphosa het ook die geleentheid bygewoon. Hy het tydens ‘n toespraak gesê dat dit vir hom ‘n eer is om vandag se gedenkdiens by te woon sodat diegene wat hulle lewens vir die land opgeoffer het, herdenk kan word.
Hy sê om ‘n polisiebeampte te wees is ‘n eerbare werk, en meen hulle is van kardinale belang om Suid-Afrikaners te beveilig.
Ramaphosa meen die styging in die hoeveelheid polisiebeamptes wat dood is, is ‘n teken dat misdadigers desperaat is om enige hindernis, wat in hulle pad is te verwyder.
Die 34 polisiebeamptes se name is op ‘n gedenkmuur by die Uniegebou aangebring.
#sapsHQ Government’s leaders, members of the #SAPS, as well as the families of police officers who died in the line of duty, gathered at the Union Buildings’ Memorial Site to honour 34 police officers and reservists who died in the line of duty between 1 April 2022 and 31 March… pic.twitter.com/t9lSVKtlh2
— SA Police Service 🇿🇦 (@SAPoliceService) September 3, 2023
