26 Mei 2021
Die 64-jarige akteur, Ben Kruger is in sy huis in Brooklyn, Pretoria oorlede nadat hy vroeër met Covid-19 gediagnoseer is. Hy was bekend vir sy rol as oom Okkie in Binnelanders.
Hy was ook as neef Gert in die SABC 2-sepie 7de Laan te sien.
Die agentskap, Co-Productions het op sy Facebook-blad hulde aan Kruger gebring. Volgens hulle sal hulle sy vriendelike handdruk by feeste en geleenthede onthou.
@benakteur & Lorraine maak n gedugte #kyknetkook span by @SunCityResortSA pic.twitter.com/mqT6WWY7yG
— BinnelandersTV (@BinnelandersTV) October 11, 2014
Hy was ook nog tot onlangs betrokke by die braaipraatjies insetsel saam met MD Greyling op Pretoria FM en het ook resepte gedeel op Greyling se buitelewe program.
MD sê die nuus kom as ‘n groot skok. “Ek sal Ben onthou vir sy humorsin. Ek sal hom onthou vir sy vriendskap en ek sal hom ook onthou vir die ongelooflike goeie akteur wat hy was.”
Kruger het in Desember verlede jaar saam met sy mede Binnelanders akteurs Stillenag in ‘n musiekvideo opgetree.
In die video is Germandt Geldenhuys (Louis Koster), Reynardt Hugo (dr. Tertius), Clint Brink (dr. Steve Abrahams) en Paul Lückhoff (oom Wimpie) saam met Kruger te sien. Kyk hier na die video: