28 Oktober 2021
Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola het ‘n span ondersoekers aangewys om uitsluitlik sake te ondersoek wat uit die era van die Waarheids- en Versoeningskommisie kom.
Hy wil die geregtelike doodsondersoeke van Neil Aggett en Hoosen Haffejee weer heropen asook die sake waarin daar beweer word dat Ernest Dipale en Bayempini Mzizi hulleself in die polisieselle opgehang het nadat hulle in hegtenis geneem is.
Lamola sê ‘n spesiale span ondersoekers en staatsaanklaers sal hulle aandag uitsluitlik daaraan wy om verdagte sterftes in die vorige bedeling te ondersoek.
Volgens die minister moet die sogenaamde waarheid ontbloot word vir die land om vorentoe te gaan.
Die Direktoraat vir Prioriteits- Misdaadondersoeke het 34 ondersoekbeamptes vir dié doel beskikbaar gestel terwyl daar ook 23 aanklaers van die Nasionale Vervolgingsgesag gebruik gaan word om vervolgings binne drie jaar in te stel.
Die minister het nie aangedui of daar bykomende personeel aangestel sal word om met ander bestaande sake te help – wat nie aan dié vereistes voldoen nie.
Stem vir die Aitsa’s