16 November 2022
Eskom sê hy sal onbepaald die huidige beurtkragrooster toepas.
Daarvolgens geld fase-3 beurtkrag smiddae van 16:00 tot die daaropvolgende oggend om 05:00.
Beurtkrag word dan na fase-2 afgegradeer tot die middag om 16:00.
Volgens die kragvoorsiener bly die netwerk onder druk terwyl sy dieselbegroting vir die oopsiklus-gasturbines uitgeput is.
Intussen het Eskom gister aangekondig dat sy waarnemende hoof van kragopwekking, Rhulani Mathebula bedank het, slegs 6 maande na hy in die pos begin waarneem het. Hy sal op die 30ste November klaarmaak.
Volgens berigte het Mathebula besluit om te bedank, weens die uitwerking wat die werkslading op sy gesondheid en persoonlike lewe het.
https://twitter.com/Eskom_SA/status/1592836718801346560