4 Januarie 2022
’n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat Howe-noedels nie die dood van drie Oos-Kaapse kinders veroorsaak het nie.
Daar is aanvanklik beweer dat die kinders – van Motherwell – na bewering hul lewens verloor nadat hulle glo Howe-noedels geëet het – wat in November verlede jaar by ‘n plaaslike spaza-winkel gekoop is.
LEES OOK: POLISIE STEL ONDERSOEK IN NADAT NOG TWEE KINDERS STERF NÁ KITSNOEDEL-GEREG
Die Nasionale Verbruikerskommissie het die verskaffing van onveilige goedere – wat moontlik ‘n risiko vir die publiek inhou – teen Grandisync BK ondersoek.
Die maatskappy se regsverteenwoordiger, Hennie Huisamen, sê toetse wat deur die SAPD-laboratorium gedoen is, het bevestig dat die kinders se dood veroorsaak is weens vergiftiging deur TermiFos – ‘n landbou-insekdoder.
Hy sê hulle het ook onafhanklike toetse op die produkte laat doen – wat bevind het dat hulle produkte aan al die redelike industriestandaarde voldoen en dat dit veilig is om te gebruik.
LEES OOK: WEES VERSIGTIG OOR BEWERINGS VAN KITSNOEDELS, SÊ MRK
Die kommissie sal na verwagting in die komende dae sy bevindings bekend maak.