14 Maart 2023
Die Kaapstadse regering het ’n dringende aansoek by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien om die EFF se beplande nasionale protesoptrede in dié stad te verbied.
Die EFF organiseer verskeie optogte regoor die land teen beurtkrag en president Cyril Ramaphosa se voortgesette presidentskap.
Die stadsvaders sê hulle wil hê dat die hof enige pogings om plundering, vandalisme en ontwrigting aan te hits – of daaraan deel te neem – moet verbied.
Volgens die stad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, beoog die stad om Maandag met sy gewone bedrywighede voort te gaan.
Hy sê almal het die reg om demokraties in Suid-Afrika te betoog, maar dit is ondemokraties en onwettig om openbare lewe met geweld of dreigemente tot stilstand te dwing.
https://twitter.com/EFFSouthAfrica/status/1635606495499898880