Hond agtergelaat nadat eienaars twee maande gelede verhuis


Luister nou

Volgende

Hond agtergelaat nadat eienaars twee maande gelede verhuis

22 April 2021

Die Dierebeskermingsvereniging in Nelspruit/ Mbombela in Mpumalanga het opnuut ‘n beroep op mense gedoen om die DBV so gou moontlik te kontak indien enige dier in ‘n bedenklike toestand gevind word.

Dit kom nadat ‘n hond gister by die Nelspruit DBV afgelaai is, wat glo twee maande gelede agtergelaat is toe haar eienaars verhuis het.

Volgens die DBV het die bure die hond afgelaai. Hulle het haar glo probeer voer, maar het besef die hond het ernstige probleme en haar daarom na die DBV geneem.

Die DBV se adjunk-voorsitter, Lize Pienaar sê die hond, wat hulle Maya gedoop het, was oortrek van die bosluise en het ook tekens van brandsiekte getoon.

‘n Veearts het egter bevestig dat sy nie brandsiekte het nie, maar het wel ‘n gewas. Dit blyk egter om in ‘n beginstadium te wees en kan na verwagting behandel word. Maya is ook ongeveer sewe kilogram ondergewig.

Die DBV sê luidens die dierebeskermingswet is dit ‘n kriminele oortreding om ‘n dier agter te laat.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

etol3

Gauteng betaal nog R3,4 miljard vir e-tol – en die rekening bly groei

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk
NUUSWEEK WILLIE
Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

Hond agtergelaat nadat eienaars twee maande gelede verhuis


Luister nou

Volgende