Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Hofsaak eis dat president en kabinet nou sélf Ditsobotla munisipaliteit moet regruk

Die sakeorganisasie, Sakeliga, het ‘n hofaansoek gebring om president Cyril Ramaphosa en sy kabinet te beveel om self die ineengestorte Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit in Lichtenburg reg te ruk.

Die aansoek vorm deel van ’n reeks hofsake deur Sakeliga oor etlike jare, en spruit voort uit ’n hofbevel in Oktober 2023, toe die hof, provinsiale ingryping by Ditsobotla gelas het.

Die regs- en skakelbeampte by Sakeliga, Tian Alberts sê ingevolge artikel 139(5) van die Grondwet is provinsiale ingryping die tweedehoogste vorm van staatsingryping by munisipale verval.

Hy sê omdat die provinsiale owerheid egter misluk het in sy pogings om die munisipaliteit reg te ruk, het Sakeliga nou die hof genader om staatsingryping af te dwing. Sou die aansoek slaag sal dit beteken dat Ramaphosa en sy kabinet self moet verantwoordelikheid aanvaar vir die administratiewe en finansiële herstel van die munisipaliteit.

Ingevolge artikel 139(7) is dit iets wat die president en kabinet eintlik lankal reeds uit hul eie moes doen, maar grof versuim het.

As deel van aansoek vra Sakeliga dat Ramaphosa en sy kabinet al die verantwoordelikhede van ingryping by die provinsiale regering moet oorneem, en self die munisipale herstelplan, wat reeds goedgekeur is, afdwing en uitvoer.

Alberts sê hulle vra verder dat die president dan binne 10 dae aan die hof verslag lewer oor hoe water en kragvoorsiening in Ditsobotla te herstel, die nodige werk binne 30 dae voltooi, en verder in stand hou.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Gty3kIbWsAAix-H

ActionSA eis advokaat Shamila Batohi se verwydering uit haar amp

zondo

Valke ondersoek nog net vier staatskapingsake

Misdaadtoneel 1

Graad 11-leerling deur matriekleerling met mes doodgesteek

Kgosientsho3-2

Oortyd by Eskom kos meer as R3-miljard

masels2-1

Toenemende voorvalle van masels in Pretoria aangemeld

Ander Nuus Artikels

paul-kruger-gate-786x416-1
Nuuskommentaar – Mynbou: Die “roofdier” wat die Krugerwildtuin kan verskeur
pexels-arina-krasnikova-6663368
“Nuwe regulasies bedreig duisende se werk in die skoonheidsbedryf”
Julius-Malema6
Malema wéér toegang tot die VK geweier – AfriForum verwelkom die besluit
Gty3kIbWsAAix-H
ActionSA eis advokaat Shamila Batohi se verwydering uit haar amp
zondo
Valke ondersoek nog net vier staatskapingsake

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende