7 Desember 2022
Die hooggeregshof in Auckland, Nieu-Seeland het nou tydelike toesig oor ‘n baba geneem nadat sy ouers tot dusver geweier het dat hy ‘n hartoperasie ondergaan wat sy lewe kan red.
Dít omdat die ouers nie wil hê dat hulle ses maande oue baba bloed moet ontvang van ‘n skenker wat moontlik teen Covid-19-ingeënt is nie.
Die baba is nou onder gedeeltelike voogdyskap geplaas sodat hy ‘n dringende operasie kan ondergaan om ‘n hartafwyking, bekend as pulmonale klepstenose, reg te maak. Die voogdyskap sal geld tot ná die operasie en die daaropvolgende hersteltyd.
Luidens die hofuitspraak bly die ouers van die baba sy voog vir alle ander doeleindes.