18 Januarie 2022
Regter Anthony Millar het AfriForum en Maroela Media se aansoek toegestaan dat die matriekuitslae bekendgemaak en in die media gepubliseer mag word.
LEES OOK: AFRIFORUM GAAN DEPARTEMENT SE BESLUIT OOR PUBLIKASIE VAN MATRIEKUITSLAE IN HOF TEENSTAAN
AfriForum sê dis ‘n groot oorwinning in die belang van verskeie rolspers en belangegroepe.
Dit kom nadat die departement van basiese onderwys vroeër aangekondig het dat hy weens die wet op die Beskerming van Persoonlike inligting (POPI-wet) dit nie in die koerante sal publiseer nie.
AfriForum sê hy is vol vertroue dat die matriekuitslae Donderdag 20 Januarie gepubliseer kan word en dat oud-matrikulante hul uitslae in die koerante en op media platforms sal kan kry.
LEES OOK: ONDERWYSDEPARTEMENT STAAN NIE AFRIFORUM SE AANSOEK OOR MATRIEKUITSLAE TEEN NIE
“Dit is in publieke belang dat hierdie inligting op openbare platforms gedeel word en dit is een van die redes waarom ons hierdie aansoek gebring het. Ons is verheug dat die hof ons gelyk gegee het in hierdie argument,” sê Natasha Venter, bestuurder van onderwysregte by AfriForum.