Hof bekragtig interdik teen Dirco se skenking van R50 miljoen aan Kuba


Luister nou

Volgende

Hof bekragtig interdik teen Dirco se skenking van R50 miljoen aan Kuba

10 Mei 2022

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het die departement van internasionale betrekkinge en samewerking se aansoek om verlof tot appèl teen ’n interdik wat deur AfriForum bekom is van die hand gewys. 

DIE uitspraak verhoed die departement om R50-miljoen aan Kuba te skenk. 

AfriForum het die hof se oorspronklike uitspraak verdedig en die aansoek teengestaan op grond daarvan dat die dringende interdik op ’n tydelike grondslag toegestaan is hangende die uitslag van die latere hersieningsaansoek.

Die organisasie het aangevoer dat daar geen rede is om ’n dringende hofbevel te appelleer nie, aangesien die regering die geleentheid sou hê om sy saak tydens die hersieningsaansoek te stel.

AfriForum se veldtogbeampte vir strategie en inhoud, Reiner Duvenage sê dit is onaanvaarbaar vir die regering om geld te verkwis wat tot voordeel van Suid-Afrikan gebruik kan word. 

“Tog blyk die regering so desperaat om die broodnodige fondse aan Kuba te skenk dat dit ook aansoeke om verlof tot appèl by die Hoogste Hof van Appèl en die Konstitusionele Hof ingedien het. Vandag se uitspraak versterk egter ons optimisme dat die interdik in die hoër howe bekragtig sal word en dat ons sal slaag met ons hersieningsaansoek om die besluit om die fondse te skenk om te keer,” sê Duvenage.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

etol3

Gauteng betaal nog R3,4 miljard vir e-tol – en die rekening bly groei

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk
NUUSWEEK WILLIE
Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

Hof bekragtig interdik teen Dirco se skenking van R50 miljoen aan Kuba


Luister nou

Volgende