Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Hof: Arizona moet gehoor gee aan 1864-wet wat aborsies verbied

10 April 2024

Die Arizona Hooggeregshof in Amerika het beslis dat die staat gehoor móét gee aan die wet op aborsies wat uit 1864 datteer.

Ingevolge die wet is daar ‘n verbod op byna alle aborsies in dié staat. Voorheen is aborsies ná 15 weke van die swangerskap in Arizona verbied. Die hooggeregshof se beslissing van gister beteken egter dat dié 160 jaar oue wet nou weer mag geld.

Vier regters het ten gunste van die herimplementering gestem, teenoor twee regters wat teen dit gestem het. ‘n 2022-hofbeslissing deur die Amerikaanse hooggeregshof het bepaal dat geen vrou ‘n grondwetlike reg op aborsie het nie, en dat elke staat self mag besluit oor hulle aborsie wetgewing.

Gister se bevinding beteken dat Arizona nou een van die Amerikaanse state is met die strengste wette ten opsigte van aborsies. Texas, Alabama en Mississippi is nét so streng.

Arizona se prokureur-generaal, Kris Mayes, wat ‘n demokraat is, het in reaksie op die beslissing gesê dat sy nié ten gunste is van die “drakoniese wet nie” en meen “sy sal géén vrou of dokter ingevolge dié wet vervolg nie.”

Sy sê sy sal nou die beslissing beveg.

Foto: NBC News

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende