2 Februarie 2023
Een van die hoërskoolleerlinge, wat gister ernstig beseer is in ‘n ongeluk tussen ‘n minibustaxi, en ‘n trein in die Oos-Kaap het aan sy beserings beswyk.
Die bestuurder van die taxi is dood toe die voertuig se enjin gestol het toe dit die spoorlyn oorgesteek en die trein daarin vasgery het. Drie leerlinge is aanvanklik ernstig beseer, waarvan ‘n 15-jarige oorlede is.
‘n Woordvoerder van die gesondheidsdepartement in die Oos-Kaap, Unathi Binqose, sê die voorval het in Nomathamsanqa – naby die Samkelo-skoolspooroorgang in Addo – plaasgevind.
Die polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Majola Nkohli sê in totaal is 20 leerlinge beseer.
Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.