12 November 2024
Reuseskade is aangerig aan die geboue van die Hoërskool Piet Retief nadat ‘n erge storm dié dorp die afgelope Sondagmiddag, 10 November getref het.

Rampbestuurspanne van die eMkhondo-plaaslike munisipaliteit is tans besig om die omvang van die skade te probeer bepaal.
Die skoolhoof van die Hoërskool Piet Retief, Albert Schlebusch, het aan Pretoria FM gesê dat dit binne enkele minute meer as 60 milimeter gereën het.
Volgens hom is die grootste skade aan die seunskoshuis aangerig.
Volgens hom is geen beserings aangemeld nie.
Hy sê hy is oorbluf met ondersteuning, en die hoeveelheid mense in die gemeenskap wat bereid was om ‘n handjie by te sit en met herstelwerk te begin.
‘n Aanpassing moes aan die eksamenrooster van die graad 8- tot 11 klas aangebring word.