Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Hlengiwe Mkhize binnekort te ruste gelê

Die adjunkminister in die presidensie vir vrouens, jeugdiges en persone met gestremdhede, prof. Hlengiwe Mkhize, wat verlede week in die ouderdom van 69-jaar aan longkanker oorlede is, sal eerskomende Saterdag tydens ’n sogenaamde kategorie 2-begrafnis in Gauteng ter ruste gelê word.

Prof. Mkhize – wat ’n dienende adjunkminister was – kom in aanmerking vir ’n Amptelike Begrafnis wat – ingevolge die tweede kategorie – voorbehou word vir onder andere ’n adjunkpresident, adjunkspeaker van die nasionale vergadering en die adjunkvoorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies.

Prof. Mkhize is in 2017 met longkanker gediagnoseer en het haar laaste dae in die Wits Donald Gordon Mediese Sentrum in Johannesburg, Gauteng, deurgebring.

Sy laat haar eggenoot, Pat Mkhize, drie dogters, ’n seun en kleinseun agter.

Die landsvlag sal van môre af regoor die land halfstok hang tot die aand van haar teraardebestelling.

Fotokrediet: The South African

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende