23 Augustus 2023
“En wie sou kon doen met ‘n miljoen? Watwou, met R22-miljoen!”
‘n 20-jarige inwoner van Hillbrow in Johannesburg het meer as R22-miljoen rand in die Lotto boerpot gewen.
Die Nasionale Lotery Ithuba sê die man het die geld tydens die trekking op 19 Augustus gewen, nadat hy ‘n kaartjie van slegs R40 gekoophet.
Die man het glo ook al in die verlede sy geluk op die proef gestel en R11 000 rand in die lotery gewen.
Die gelukkige wenner sê hy het altyd geglo dat hy die boerpot sou wen, aangesien hy volgehou het om weekliks dieselfde nommers te speel. Hy wil nou sy nuutgevonde welvaart gebruik om in eiendom te belê.
Verlede week het Ithuba ook aangekondig dat ‘n persoon ‘n allemintige R32 785 000 in die Lotto Plus 1 boerpot gewen het.
Die wenkaartjie is ook vir net R40 by ‘n winkel in Stellenbosch gekoop.
