Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Hersien die 5-jaarlikse rybewysbeleid, vra OUTA

5 Januarie 2022

Die organisasie teen belastingmisbruik, OUTA, het ‘n beroep op die regering gedoen om die huidige vyf-jaarlikse hernuwing van rybewyse eerder te vervang met ‘n tien-jaarlikse hernuwingsmodel.

Die uitvoerende hoof van OUTA, Wayne Duvenage sê die verandering is noodsaaklik aangesien die huidige stelsel feitlik in duie gestort het weens voortslepende tegniese kwessies.

Die organisasie beweer dat daar tans ‘n agterstand van nagenoeg 500 000 lisensie-kaarte is waarvoor bestuurders wag, aangesien die masjien waarmee die kaarte vervaardig word, buite werking is.

Duvenage sê voorts gaan die lisensie-aansoeksentrums ook gebuk onder korupsie en administratiewe kwessies wat daartoe lei dat die wagtydperk vertraag word.

Hy sê die tyd het aangebreek dat die hele stelsel – van padwaardigheidtoetse tot bestuurslisensies – hersien moet word om aan te pas by die teenswoordige omstandighede.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende