“Hernubare energie nie die antwoord vir kragkrisis nie,” meen Mantashe


Luister nou

Volgende

“Hernubare energie nie die antwoord vir kragkrisis nie,” meen Mantashe

25 Februarie 2023

Die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe sê die voormalige Eskom-hoof, André de Ruyter moenie nou ‘n “klip in die bos gooi en hoop dat ‘n wilde dier gaan uitkom nie.”

Mantashe meen De Ruyter moet die name van diegene noem wat hy van korrupsie by Eskom beskuldig het. 

Mantashe het gister die parlementêre portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne en energie toegespreek, waartydens hy ‘n beroep op parlementslede gedoen het om te reaeer op die bewerings deur De Ruyter.

LEES OOK: DA DIEN AANSOEK IN VIR INLIGTING OOR BEWEERDE KORRUPSIE BY ESKOM

Hy het verder De Ruyter gekritiseer vir sy rol in die kragkrisis. Volgens hom was De Ruyter daarvoor verantwoordelik dat mense vertroue in Eskom verloor in dieselfde tyd wat privaat en onafhanklike kragverskaffers op die been gebring is.

Mantashe het verder gesê dat hy uitsien na die aanstelling van ‘n minister van elektrisiteit omdat “hy verantwoordelik sal wees vir die einde aan beurtkrag.” Hy sê daar is ses kragstasies met beskikbare energie van minder as 50%.

“Die bestaande kragstasies moet herbou word, en geoptimaliseer word sodat dit tot die kragnetwerk gevoeg kan word.”

LEES OOK: “DE RUYTER HET ESKOM IN ONEER GEBRING,” SÊ WOORDVOERDER

Mantashe meen verder dat “kampvegters vir hernubare energie in ‘n droomwêreld leef as hulle dink dat hernubare energie ‘n einde aan beurtkrag sal bring, omdat dit minstens 12 tot 18 maande neem vir dié krag om aan die netwerk gekoppel te word.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

“Hernubare energie nie die antwoord vir kragkrisis nie,” meen Mantashe


Luister nou

Volgende