28 November 2022
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor moedig motoriste ‒ wat in afgeleë gebiede woon óf besige lewens lei ‒ om hul motorlisensies op die poskantoor se aanlynplatform te hernu.
Dié aanlyn platform vir die hernuwing van motorlisensies, is vroeër vanjaar bekend gestel. Meer as 58-duisend motoriste het dit reeds gebruik om hul lisensies te hernu.
Die woordvoerder van die poskantoor, Johan Kruger sê motorlisensies kan op enige aanlyn-toestel hernu word.
Die poskantoor sal egter steeds motorlisensies uitreik vir diegene wat verkies om hul lisensies in persoon te hernu.