18 Julie 2022
Die liggaam van ‘n Krugersdorp-man, wat Donderdagaand in die Hartbeespoortdam vermis geraak het, is vanoggend deur duikers gevind.
Michael Pohl het saam met sy gesin sy verjaarsdag gevier toe hy vermis geraak het terwyl hy visgevang het.
Volgens berigte is Pohl met sy boot – ‘n kano met ‘n enjin – die water in toe sy lyne glo aan visnette verstrengel geraak het. Sy boot het ook verstrengel geraak en begin sink. Pohl wou wal toe swem, maar het toe onder die water verdwyn.
Sy liggaam is naby die plek gevind waar hy onder die water verdwyn het.