26 April 2023
Die organisasie OUT LGBT Well-being het sy kommer uitgespreek oor ‘n boodskap wat die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, op sosiale media geplaas het wat hulle voel moontlik kan indruis teen die regte van lede van die LGBTIQ+-gemeenskap.
OUT LGBT Well-being is dieselfde organisasie wat Steve Hofmeyr voor stok gekry het oor soortgelyke uitlatings.
In die tweet het Zille gevra of dit nou as onvoldoende “woke” beskou word om net bloot gay te wees en of ‘n persoon nou transgender moet wees om toegang tot die sogenaamde innerlike heiligdom van die stam te kry.
Sy het ook in die boodskap gevra of alle vroue in die proses vertrap en gestereotipeer moet word om die vordering wat hulle die afgelope vyftig jaar gemaak het uit te wis.
Die organisasie sê Zille se uitlatings dra by tot ‘n klimaat van stigma, marginalisering en diskriminasie. In ‘n verklaring meen hul dat Zille nie die verskil verstaan tussen seksualiteit en geslagsidentiteit nie.
Die organisasie sê hulle eis dat Zille haar Tweet moet verduidelik.
Is it now considered insufficiently "woke" to be merely Gay? Must you be transgender to gain access to the inner sanctum of the "tribe"? And must you, in the process, trash and stereotype all women, eradicating the progress they have made to achieve equality over half a century? https://t.co/DbrU1SN2HP
— Helen Zille (@helenzille) April 23, 2023
OUT urges @helenzille to clarify her queerphobic tweet to South Africa's LGBTIQ+ community ahead of next year's elections. If she fails to do so, we urge the DA to publicly denounce her hateful statement.@DA_LGBTI pic.twitter.com/UOSnEu4Rcr
— OUT LGBT Well-Being (@outlgbt) April 25, 2023
Foto: Biznews