29 November 2021
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se vlug 295, het gister (28 November) 34 jaar gelede in die Indiese Oseaan naby Mauritius neergestort.
Al 159 mense aanboord is dood. Die vliegtuig, Boeing 747-200 Combi, wat Helderberg genoem is was van die Taoyuan Internasionale Lughawe in Taiwan, via Mauritius op pa na die destydse Jan Smuts Internasionale Lughawe in Johannesburg (OR Tambo) toe ‘n brand in die baggasieruim ontstaan het. Die vliegtuig het in die lug uitmekaar gebreek.
Die vlugopnemer is enkele dae later in die see gevind, op ‘n diepte van 4900 meter. Die oorsaak van die brand is steeds nog nie bepaal nie.
Die vlieënier, was die 49-jarige kaptein Dawie Uys en sy assistent, David Attwell (37).
Stem vir die Aitsa’s