27 Desember 2021
Die DA het ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om ‘n einde aan die aandklokreël te bring voor oujaarsaand.
Die party se leier John Steenhuisen sê die aantal hospitalisasies is relatief min en meen die Omikron-variant se uitwerking was toe nie so drasties soos verwag nie.
Tans geld die aandklokreël van middernag tot 04:00.
“Die Covid-19-inenting is ook baie doeltreffend om mense teen ernstige siekte of dood te beskerm, so dié persone wat in die hoë risiko groep is, het genoeg tyd gehad om hulself te beskerm,” meen Steenhuisen.
Hy sê die grootste krisis nou is die ekonomie. Volgens hom het die DA nog nooit die aandklokreël ondersteun nie.
“Ons glo nou, meer as ooit dat die aandklokreël opgehef moet word.” Steenhuisen meen die meeste mense gehoorsaam elkgeval nie die aandklokreël nie.