19 Januarie 2023
Die 39-jarige Hashim Amla het sy loopbaan as krieketspeler ná 22-jaar afgesluit.
Surrey, Amla se krieketspan in Engeland, het gistermiddag aangekondig dat hy hulle in kennis gestel het dat hy nie vanjaar as speler sal terugkeer nie.
Surrey se direkteur van krieket, Alec Stewart, het Amla geloof vir sy bydrae tot krieket.
Volgens Stewart wens almal by Surrey vir Amla die beste toe.
Amla het ná die 2019 Krieketwêreldbeker uit internasionale krieket getree. En ná die 2018/2019-krieketseisoen uit Suid-Afrikaanse krieket getree.
Amla is tans ‘n kolfkonsultant by MI Cape Town in die SA-20-liga.