Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Hansie Cronje vandag 20 jaar gelede in vliegongeluk oorlede

1 Junie 2022

Vandag 20 jaar gelede – op 1 Junie 2002 – het die Protea krieketspeler en kaptein, Hansie Cronje in die ouderdom van 32 in ‘n vliegongeluk gesterf.

Sy geskeduleerde vlug van Johannesburg terug na sy huis in George is weens gure weersomstandighede gekanselleer. Hy is egter ‘n vlug aangebied op ‘n Hawker Siddeley HS 748-turboprop-vliegtuig as die enigste passasier saam met twee vlieëniers.

Die vliegtuig het in die Outeniqua Berge vasgevlieg. Al drie insittendes is op slag dood. In 2006 het die hooggeregshof bepaal dat ‘n fout deur die vlieëniers tot die ongeluk gelei het.

Cronje, het ‘n suksesvolle krieket-loopbaan in die 1990’s gehad, met die Protea’s wat onder sy leiding 27 toetse gewen het asook 99 een-dag internasionale wedstryde.

Hy is in 2004 aangewys as die 11de beste Suid-Afrikaners, ondanks die omstrede wedstrydknoeiery-skandaal wat daartoe gelei het dat hy vir lewenslank van krieket verban is.

Sy broer, Frans Cronje het in ‘n plasing op sy Facebook-blad hulde gebring aan sy broer. “Ons onthou om steeds as ‘n mens wat baie omgegee het vir sy naasbestaandes, wat baie wys en inspirerend was.”

Hy meen dit is wonderlik dat mense steeds so lief is vir Hansie na al die jare. “Hy sal steeds bekend staan as ‘captain our captain.'” ‘n Golfdag in sy herinnering sal Vrydag, 3 Junie in Schoemanspark in Bloemfontein gehou word.

Volgens Frans sal geld, wat tydens die dag ingesamel word, gebruik word om die Ou Klipkerk in Senekal te herstel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Ander Nuus Artikels

0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende