15 Januarie 2024
Die voormalige Gupta-regterhand, Salim Essa – wat miljarde rand gemaak het deur korrupte transaksies te fasiliteer met maatskappye wat met die staat sake doen – moet voor of op 13 Februarie R2,6-miljard aan uitstaande belasting betaal.
Die transaksies sluit die lokomotieftransaksie van multimiljard rand tussen China South Rail en die staatsbeheerde vervoeroperateur Transnet, die konsultasietransaksie met Regiments Capital asook die korrupte transaksie tussen Transnet en McKinsey in.
Essa het in 2017 na Dubai gevlug toe die Gupta-ryk besig was om te ontrafel en oud-president Jacob Zuma die einde van sy ampstermyn bereik het.
Hy hou vol dat hy bloot geëmigreer het weens sakegeleenthede en ‘n beter lewe vir sy gesin. Die SAID sê Essa se belastingopgawes vir die 2012 tot 2015-belastingtydperke is ter sprake.
Foto: News24