Groot golf onwettige immigrante op pad na Europa


Luister nou

Volgende

Groot golf onwettige immigrante op pad na Europa

Nuuskommentaar: 23 Augustus

Deur Jaco Kleynhans

Die Europese Unie het verlede week bekend gemaak dat daar die afgelope tyd weer ‘n skerp toename in onwettige immigrasie na Europa was. Tydens die eerste sewe maande van 2021 was daar reeds ‘n 59% styging in onwettige immigrasie.

Verlede week het die Poolse Minister van Verdediging aangekondig dat hulle 900 soldate na die grens tussen Pole en Belarus gaan stuur. Die klein Baltiese Staat Litoue het ook verlede week gesê dat duisende onwettige immigrante uit Belarus dié land binnegestroom het.

Terwyl onwettige immigrante steeds van die drie bekende Mediterreense roetes gebruik maak om die Europese Unie-lidlande te bereik, was daar die afgelope tyd ‘n skerp toename in immigrante wat met roetes in die Balkan-streek en Oos-Europa EU-lidlande binnekom. Die verhouding tussen die EU en Belarus het die afgelope jaar nog verder versleg en dié land laat onwettige immigrante blykbaar toe om oor sy grondgebied na Pole en Litoue, wat beide EU-lidlande is, te reis in vergelding vir EU-sanksies teen die regering van Belarus.

Die Hongaarse regering het onlangs bekend gemaak dat hulle vanjaar reeds 60 000 onwettige immigrante wat Hongarye uit buurlande soos Serwië en die Oekraïne probeer binnekom het, voorgekeer het.

Terwyl die Europese Unie se agentskap vir grensbeheer Frontex verlede week gesê het dat hulle in Julie 17 300 onwettige immigrante onderskep het, word algemeen aanvaar dat baie meer mense wel daarin slaag om Europa onwettig binne te kom. Daar is tans ook ‘n skerp toename in persone wat om vlugtelingstatus in Europa aansoek doen.

Die afgelope tyd se gebeure in Afganistan gaan waarskynlik tot ‘n groot nuwe vlaag van onwettige immigrasie na Europa aanleiding gee. Afganistan is egter net een klein deeltjie van die probleem en die meeste onwettige immigrante kom tans uit Noord-Afrika, die Midde-Ooste en Sentraal-Asië.

Sowat 25% van mense wat tans in Duitsland woon het ‘n immigrante-agtergrond en is nie etniese Duitsers nie maar het na Duitsland immigreer of is die afstammelinge van immigrante. In Swede is meer as 26% van mense wat daar woon persone met ‘n immigrante agtergrond. Ook in lande soos Nederland, België, Frankryk en Oostenryk maak persone met ‘n immigrante-agtergrond meer as 20% van die lande se bevolkings uit. Statistiek wat onlangs in Swede bekend gemaak is, toon dat 98,8% van bevolkingsgroei in Swede verlede jaar deur persone met ‘n immigrasie-agtergrond gedryf is.

Tydens die hoogtepunt van die Siriese burgeroorlog in 2015 en 2016 het miljoene onwettige immigrante uit Noord-Afrika en die Midde-Ooste na Europa gestroom. Die meeste van hierdie onwettige immigrante was jong mans wat dikwels uit lande soos Pakistan, Bangladesj, Egipte, Tunisië, Marokko en ander lande wat nie deur oorlog geteister word nie, afkomstig is.

Dit is duidelik dat ‘n groot golf van onwettige immigrasie na Europa weer oor die volgende weke en maande voorlê. Terwyl sommige lande soos Hongarye, Pole en selfs Denemarke stappe neem om onwettige immigrasie te beperk, is dit duidelik dat die verwelkomende beleid van lande soos Duitsland, Swede, Nederland, Frankryk en België besig is om hierdie lande se demografie drasties te transformeer. Die politiek van immigrasie gaan oor die volgende paar jaar weer ‘n belangrike rol in Europa speel en kan een van die grootste verdelingslyne op dié kontinent word en uiteindelik die skeidslyn tussen kulturele behoud en kulturele vernietiging beteken.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

iStock-636725972-e1653556428313

Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Ander Nuus Artikels

arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER
POLISIE2
VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI
xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

Groot golf onwettige immigrante op pad na Europa


Luister nou

Volgende