23 Mei 2023
Groot dele van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit in die Vaaldriehoek stuur op algehele duisternis af weens die munisipaliteit se bankrekening wat die afgelope drie maande deur Randwater en vanaf verlede jaar deur Eskom gevries is.
Dit is die Mening van die VF Plus raadslid, Gerda Senekal.
Senekal sê die munisipaliteit kan tans nie krediteure of kontrakteurs betaal nie en die gevaar bestaan dat die kragnetwerk totaal in duie kan stort.
Die gebiede wat die meeste onder kragonderbrekings deurloop is Stephanpark, Boipatong en die sakegebied van Vanderbijlpark.
Volgens Senekal is die enigste oplossing om dié gebiede se kragprobleme op te los, om Eskom te nader vir kwytskelding van beurtkrag en ladingsvermindering.
Volgens haar is sit egter nie volhoubaar nie omdat die enigste transformator wat die gebied bedien, oorverhit en nie die lading veel langer sal kan hanteer nie.
Die kontrakteur wat twee beskadigde transformators moes herstel kon nie betaal word nie en gevolglik word al die elektrisiteit na die betrokke gebied slegs deur een transformator herlei. “Indien Eskom besluit om beurtkrag weer in die gebiede toe te pas, sal die enigste transformator waarskynlik ingee en inwoners in totale duisternis laat.”
