Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Grondwethof maak skokbeslissing oor “Kill the Boer!”

Slegs enkele dae nadat Suid-Afrika in internasionale nuus opslae gemaak het oor Julius Malema en die EFF se dreunsang van die haatkreet “Kill the Boer! the Farmer!”, het die Grondwethof vandag AfriForum se aansoek om verlof tot appèl teen twee vorige beslissings van die Gautengse Hooggeregshof en die Hoogste Hof van Appèl, verwerp.

Regslui bestempel die Grondwethof se besluit om, nege maande nadat die aansoek om verlof tot appèl deur AfriForum ingedien is, die aansoek summier en uit die bloute, sonder dat argumente aangehoor is, van die hand te wys, as hoogs ongewoon en potensieel omstrede.

AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, het by navraag teenoor Nuusweek bevestig dat, alhoewel dit algemene praktyk in die Grondwethof is om aansoeke om verlof tot appèl soms summier van die hand te wys, die uitspraak van een bladsy, in ’n saak wat beslis internasionale opslae gaan maak, uiters ongewoon en omstrede gaan wees.

“Die hof het bloot eenparig beslis dat AfriForum se aansoek om verlof tot appèl geen redelike vooruitsig op sukses het nie. Die feit dat die hof, te midde van die openbare internasionale belangstelling die afgelope week, besluit het om juis nou sy een-bladsy-beslissing bekend te maak, sonder om mondelinge of skriftelike argumente aan te hoor, skep ’n ernstige geloofwaardigheidskrisis,” het Spies bygevoeg.

Die uitspraak volg kort nadat die EFF-leier, Julius Malema, en sy ondersteuners tydens die afgelope week se Menseregtedagvieringe “Kill the Boer!” gesing het. Dit het kommentaar van die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, en die sakeman Elon Musk uitgelok.

Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, het aan Nuusweek gesê AfriForum en die breër Afrikanergemeenskap is dit aan hulle kinders, gesinne en gemeenskappe verskuldig om slagspreuke soos “Kill the Boer!” met alles in hulle op elke moontlike front te beveg.

“Geen selfrespekterende gemeenskap kan dit goedsmoeds aanvaar as daar mense is wat openlik geweld teen hulle aanhits, en die land waarin hulle woon se president, die linkse media-establishment, die appèlhof, en nou ook die Grondwethof dit regverdig nie.”

Kriel sê ná die Grondwethof se skokbeslissing sal daar nou harder gewerk word om internasionale druk op die Suid-Afrikaanse regering te mobiliseer.

“Gegewe die president, sy regering en die howe se onwilligheid om ons reg op veiligheid te respekteer, is dit belangrik dat ons volstoom voortgaan om AfriForum se 177 buurt- en plaaswagte landwyd te versterk en uit te brei, sodat ons ons vermoë versterk om onsself binne die raamwerk van die wet te beskerm.”

Kriel was onlangs deel van ’n afvaardiging van die Solidariteit Beweging wat die VSA besoek en daar gesprekke met verskeie belanghebbendes gevoer het.

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het in ’n plasing op die sosialemediaplatform X geskryf dat “Kill the Boer!” ’n lied is wat geweld aanhits en dat hy van die Suid-Afrikaanse leierskap verwag om die nodige stappe te doen om Afrikaners en ander minderheidsgroepe in die land te beskerm.

5 Responses

  1. Trump had the same response from their high court because the sick left wing got involved but perseverance paid off , he won the election and will now clean out the rubbish , the ruling party has placed their cadres into positions to cover their backsides when their filthy land grabs start and you can see it in this judgement , this son was sung during the struggle to incite their soldiers to fight and kill , they have been in power for over 30 years and the pathetic things still need to sing it to incite violence why , are they that incapable of good governance that they need to keep the revolution going to stay in power , we need to get this filth out , they are destroying a country and creating generations of sick race haters and these clowns in the con court are enabling them , these are definitely not patriotic learned people , they themselves still harbor the hatred the ANC and eff rubbish has kept going

  2. Gebruik alles en stuur vir USA, self gaan ons nie regkom nie, laat die buiteland die klomp gemors hier ruitsort.

  3. tyd dat die eff in die se egejaag mword met al sy rassistiese en haatspraak . julius malema veroorsaak verdeeltheid deur sy message wat hy uitstraal ….eerlik waar as iemand nog nie n sluipmoord beplan het nie dan weet ek nie…. hy is die grootste rassis in die hele suidelike halfrond …he cant get over his own stupidity

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Geld-3

Kripto nie onderhewig aan valutabeheerregulasies nie – op die oomblik

Police,Cordon,Tape,Lies,On,The,Ground,In,A,Small

Die VF Plus is versigtig optimisties oor dalende syfers

Senzo Mchunu5

Misdaadstatistiek: Minister vaar uit oor waninligting

plaas4

DA doen ‘n beroep op die polisieminister om aanbevelings oor landelike veiligheid in werking te stel

FIKILE

Fikile Mbalula sê Ramaphosa moet geloof word vir sy gesprek met Trump

Ander Nuus Artikels

VULLIS
AfriForum: Dien insette in oor die “Tshwane-metro se infrastruktuur wat in duie stort”
cyril en trump3
VSA sal steeds ‘n sleutelrol in die G20 speel
GrzENSmWQAAKlyv
Malema “dankbaar” oor blootstelling danksy Trump
Geld-3
Kripto nie onderhewig aan valutabeheerregulasies nie – op die oomblik
Police,Cordon,Tape,Lies,On,The,Ground,In,A,Small
Die VF Plus is versigtig optimisties oor dalende syfers

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende