28 Junie 2021
Die Grondwethof het aangedui dat hy gereed is om uitspraak te lewer in die hofsaak waar die voormalige president, Jacob Zuma van minagting van die hof beskuldig word.
Dit volg nadat Zuma geweier het om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig – ten spyte van die feit dat hy deur die Grondwethof gelas is om dit te doen.
Die hoogste hof in die land sal ook ‘n gepaste strafsankie voorstel – sou hy wel daaraan skuldig bevind word.
Die kommissie het die regters van die Grondwethof gevra om Zuma twee jaar gevangenisstraf op te lê vir sy doelbewuste weiering om voor hom te verskyn.
Dit was nadat hy sonder toestemming ’n sitting van die kommissie in Johannesburg verlaat het.
Die hofsitting begin môreoggend om 10:00.