Grondwethof beslis in guns van vuurwapeneienaars


Luister nou

Volgende

Grondwethof beslis in guns van vuurwapeneienaars

27 Mei 2022

Die burgerregte-organisasie, AfriForum het die uitspraak verwelkom waar die Grondwethof nie net ten gunste van Fidelity Security Services beslis het nie, maar ook alle Suid-Afrikaanse vuurwapeneienaars wat versuim het om hul vuurwapenlisensies voor hul vervaldatum te hernu.

Dié hof het beslis dat diegene wat nie hul vuurwapenlisensies betyds kon hernu nie en daarna verbied is om ’n geldige lisensie verder te bekom, toegelaat moet word om die prosesse te volg soos bepaal in die Wet op Vuurwapenbeheer.

AfriForum se regs- en risikobeampte, Armand Greyling sê die jongste beslissing het die vorige uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl bevestig naamlik dat ’n vuurwapen, hetsy gelisensieer of nie, die eiendom van die eienaar is totdat dit ingevolge die onderskeie wetlike bepalings vernietig word.

Dit is ook ’n bevestiging van die eiendomsreg wat vuurwapeneienaars besit ten opsigte van hul vuurwapens soos vervat in artikel 25 van die Grondwet, ongeag hul lisensiestatus.

“Ons is verheug oor hierdie nuus en vertrou dat die Minister van Polisie so gou moontlik voorskrifte sal uitreik en regulasies uitvaardig om uitvoering te gee aan die Grondwethof se uitspraak. AfriForum is die afgelope paar jaar oorval met navrae en klagtes van vuurwapeneienaars wat weens laat hernuwingsaansoeke en ’n duidelik verkeerde interpretasie van die wetgewing, hul wapens kwyt is,” sê Greyling.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.

22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

LISENSIE-2

OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees

covid-1

Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

Ander Nuus Artikels

GvZuflXXAAAZv4E
Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris
ENOCH1-large
Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk
GvVmHWcWoAAxnfb
Italiaanse man dood toe vliegtuig se enjin hom insuig
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

Grondwethof beslis in guns van vuurwapeneienaars


Luister nou

Volgende