3 Augustus 2021
Die proses om die Grondwet te wysig om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak, gaan voort.
Die voorsitter van die ad-hoc komitee wat die wysiging moet ondersoek, Mathole Motshekga sê die publiek het tot 13 Augustus om op die hersiende wysigingswetsontwerp, wat die ad hoc-komitee verlede maand uitgereik het, kommentaar te lewer.
Die Sunday Times het die afgelope naweek berig dat die ANC en die EFF se bilaterale gesprekke, oor hul verskille rakende onteiening sonder vergoeding, skipbreuk gelei het.
Die ANC gaan nou probeer om die proses op sy eie deur die parlement te kry.
Hou Afrikaans op die lug