Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Groenskrif oor pensioenfonds onttrek

1 September 2021

Die minister van maatskaplike ontwikkeling Lindiwe Zulu het die groenskrif oor die voorgestelde verpligte Nasionale Fonds vir Maatskaplike Sekerheid onttrek.

Die onttrekking volg op heftige teenkanting teen die groenskrif wat twee weke gelede in die Staatskoerant gepubliseer is.

Daar is geen rede verskaf vir die onttrekking nie.

LEES OOK: AFRIFORUM VERWERP PLANNE VIR STAATSBEHEERDE MAATSKAPLIKE SEKERHEIDSFONDS

Die groenskrif het voorgestel dat alle Suid-Afrikaanse salaristrekkers tot 12% van hul verdienste in ’n nuwe beleggingsfonds, wat deur die regering bestuur sou word, moes betaal.

Die groenskrif is sonder die kabinet se goedkeuring in die Staatskoerant gepubliseer en die tesourie het gesê dit is nie amptelike beleid van die regering nie.

Intussen het die vakbond, Solidariteit die terugtrekking van die groenskrif verwelkom. 

Volgens die bestuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann was die groenskrif in wese absurd, irrasioneel, onwerkbaar en ongrondwetlik.

Hy sê Solidariteit sal voortgaan met sy weerstand en regsaksie teen die groenskrif indien dit weer in die toekoms in ‘n ander vorm lewe kry.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende