Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Grasietydperk vir hernuwing van rybewyse, voertuiglisensieskyfies byna verby

16 Augustus 2021

Die Outomobiel Assosiasie (AA) het motoriste herinner dat die grasietydperk vir die verlenging van voertuiglisensieskyfies en rybewyse aan die einde van Augustus tot ‘n einde kom.

Dié grasietydperk vir die hernuwing van rybewyse en voertuiglisensieskyfies is ingestel weens die Covid-19-pandemie asook voortslepende probleme met die hernuwingstelsel.

Volgens die AA het die regering aangedui dat die grasietydperk nié verder verleng sal word nie.

Die grasietydperk, wat op 31 Augustus verval sluit eerstens voertuiglisensieskyfies, tydelike permitte en padwaardige sertifikate in wat tussen 26 Maart 2021 en 31 Mei 2021 verval het.

Rybewyse, leerlinglisensies en professionele rypermitte, wat tussen 26 Maart 2020 en 31 Desember 2020 verval het, se grasietydperk kom ook op 31 Augustus tot ‘n einde.

Die AA meen hoewel die tyd vir motoriste om hulle lisensies te hernu, amper verby is, is die tyd ook verstreke vir die regering om sy hernuwingsproses te verbeter.

Volgens die organisasie het die regering toegegee dat daar probleme met die hernuwing van lisensies is, maar steeds is die grasietydperk nie verleng nie. “Dit beteken dat motoriste nou afhanklik gaan moet wees van ‘n stukkende stelsel.”

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende