27 Augustus 2021
Die minister van vervoer, Fikile Mbalula het aangekondig dat die regering verdere grasie verleen aan bestuurders wat se rybewyse tydens die inperkingsperiode verval het.
Verskeie individue en organisasies het hulle kommer uitgespreek oor lisensiesentrums wat oorlaai is met aansoeke en dat aansoekers nie afsprake kan kry nie.
Mbalula sê bestuursbewyse wat tussen 26 Maart 2020 en 31 Augustus vanjaar verval het, kan nou tot 31 Maart 2022 hernu word.
Die vergunning is van toepassing op leerlinglisensies, tydelike bestuurslisensies en professionele bestuurspermitte.
Volgens die minister is 1,2-miljoen lisensies – wat in dié tydperk verval het – nie hernu nie.
Dit verteenwoordig nagenoeg 42%.
Hou Afrikaans op die lug