Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Grasietydperk vir hernuwing van rybewyse sal nié verleng word nie, sê Mbalula

7 Maart 2022

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het gewaarsku dat sy departement nie die grasietydperk vir motorlisensies ná 31 Maart sal verleng nie.

Hy het gesê dat motoriste wat van volgende maand af met rybewyse bestuur wat reeds verval het boetes en moontlike vervolging in die gesig staar.

Mbalula het tydens ‘n mediakonferensie gesê die land het tans ‘n agterstand van meer as ‘n halfmiljoen hernude rybewyse, maar dat lisensiesentrums genoeg kapasiteit het om dié agterstand uit te wis en dat tydgleuwe beskikbaar is om vir hernuwings te bespreek.

Die nasionale Covid-19-inperking het lisensiesentrums gedwing om te sluit, wat gelei het tot ‘n agterstand van voertuig- en bestuurslisensies wat verval het.

Dit is vererger nadat die land se enigste lisensie-drukmasjien aan die einde van verlede jaar onklaar geraak het.

https://twitter.com/MbalulaFikile/status/1500761648323338245

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Ander Nuus Artikels

0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende