16 Februarie 2024
‘n Skoolhoof van die Primrose Hill-laerskool in Germiston is na bewering vanoggend deur ‘n graad 6-leerling geskiet.
Volgens die departement van onderwys in Gauteng het die hoof vanoggend ‘n groep leerlinge, waarvan die verdagte deel was, in die ingangsportaal van die skool teegekom en hulle gevra om hulle werkboeke uit te haal om te studeer.
Die hoof het later weer die kind naby die personeelkamer raakgesien waarna hy ‘n vuurwapen uitgehaal het en die hoof geskiet het.
Die skoolhoof is tans in die hospitaal. Die woordvoerder van die departement, Steve Mabona sê die voorval word ondersoek, maar die vuurwapen behoort glo aan die kind se ouers.