Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Golf van misdaad spoel oor Amerikaanse stede

Nuuskommentaar: 19 September 2022

Deur: Jaco Kleynhans

Verlede Vrydagaand val ‘n man met ‘n byl ‘n McDonald’s restaurant in New York in die VSA aan. Terwyl kliënte weghardloop word groot skade aan die restaurant aangerig. Sake-eienaars in New York het verlede week kragte saamgespan om privaat veiligheidsmaatskappye te huur om veiligheid in dié stad te probeer verbeter. Volgens die nuutste misdaadstatistiek vir New York het ernstige misdade vanaf Junie met 35,6% toegeneem.

Oor die naweek is twee tieners in Florida in hegtenis geneem vir misdade wat insluit ontvoering, motorkaping en gewapende roof. In Los Angeles is die Demokrate se kandidaat vir burgemeester, die bekende politikus Karen Bass, verlede week by haar luukse huis in ‘n spogbuurt beroof. Bass het tot dusver geweier om tydens die verkiesingsveldtog te erken hoe ernstig die misdaadprobleem in Los Angeles is.

Rooftogte in dié stad het vanjaar reeds met 18% toegeneem terwyl inbrake met 15% en motordiefstal met 14% gestyg het. Ander groot Amerikaanse stede soos Chicago, Houston, Detroit, Washington DC en Philadelphia het almal die afgelope paar maande ‘n toename in misdaad aangemeld.

Die hoof uitvoerende beampte van die kitskosmaatskappy McDonald’s, het verlede week gesê dat die misdaadprobleem in Chicago so erg is dat die maatskappy nog nie sy werknemers kan toelaat om na die hoofkantoor in die stad terug te keer nie. Die meeste van die maatskappy se hoofkantoorpersoneel werk tans van hulle huise af. Misdaad in Chicago het vanjaar reeds met 38% toegeneem.

Gedurende die eerste ses maande van vanjaar was daar 145 moorde in New Orleans, 174 in Baltimore, 304 in Chicago, 240 in Philadelphia, 112 in Milwaukee en 104 in die Amerikaanse hoofstad Washington DC. Terwyl moorde veral verlede jaar skerp toegeneem het, is dit ander geweldsmisdade en diefstal wat soos ‘n golf die afgelope paar maande oor die grootste Amerikaanse stede spoel. In die stad New York is daar oor die eerste sewe maande van vanjaar reeds drie en veertig duisend tweehonderd vier-en-veertig geweldsmisdade aangemeld.

‘n Opname wat deur ‘n organisasie wat polisiehoofde van die grootste Amerikaanse stede verteenwoordig, gedoen is, het onlangs bevind dat geweldsmisdade in Amerikaanse stede tans wesenlik hoër as voor die pandemie is. Volgens dié vereniging het moorde verlede jaar skerp toegeneem en is dit rooftogte en ernstige aanrandings wat tot dusver vanjaar die skerpste gestyg het.

Moorde in die VSA se sewentig grootste stede het vanaf 2019 tot vanjaar met 50% toegeneem terwyl die getal ernstige aanrandings met 36% gestyg het. Dit is duidelik uit hierdie data dat Amerikaanse stede ‘n enorme probleem met ernstige misdaad het en dat die afgelope twee jaar se stygings in misdaad die skerpste toename nog ooit was.

Byna alle groot Amerikaanse stede word deur Demokrate beheer. Die afgelope paar jaar se politieke veldtog deur linkse aktiviste teen goeie polisiëring het gelei tot ‘n afname in polisiedepartemente se begrotings. Duisende bekwame en ervare polisielede het afgetree of van werk verander en die moraal is steeds laag onder polisielede. Daarmee saam is Amerikaanse stede trekpleisters vir onwettige immigrante, bendes wat die Amerikaanse dwelmhandel beheer en ander georganiseerde misdaadgroepe.

Met slegs sewe weke oor voor die Amerikaanse middeltermynverkiesing is dit duidelik dat die toename in misdaad ‘n belangrike rol gaan speel in ‘n verkiesing wat van groot belang vir die toekoms van die VSA kan wees.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GtKvqtMXwAAfecA

78 mense dood in vloedgeteisterde Oos-Kaap

bela-7

Riglyne vir die Bela-wet is gepubliseer

GtPe-L2b0AAR_xU

Oorlewende van Air India-vliegongeluk ontsnap betyds uit nooduitgang

pothole

Kul jou hier, kul jou daar, en siedaar – ons stede verval nie meer nie

Screenshot 2025-06-12 151250

Die Comrades-Marathon bring “ja” en “nee” antwoorde

Ander Nuus Artikels

GtWXcGOXoAA2G7W
“Besope” motoris wat glo spoedgrens oortree tref motor – vyf mense dood
WhatsApp Image 2025-06-13 at 13.20.28_4139dd6b
Bergview-skoolhoof maak strafregtelike klag aanhanging teen politici wat hom van verkragting beskuldig
Cyril-4-1
ActionSA bevraagteken noodsaaklikheid van nasionale dialoog
GtKvqtMXwAAfecA
78 mense dood in vloedgeteisterde Oos-Kaap
bela-7
Riglyne vir die Bela-wet is gepubliseer

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende