2 Februarie 2023
Suid-Afrikaners sal voortaan minder betaal vir bevrore aartappelskyfies nadat teenstortingstariewe onlangs opgehef is.
Dit kom nadat die Internasionale Handelsadministrasiekommissie (ITAC) verlede jaar ‘n teenstortingstarief van tot 181% op die prys van bevrore aartappelskyfies vanaf Duitsland, België en Nederland geplaas het.
Dié tariewe was geldig vir ses maande hangende ‘n ondersoek deur die kommissie oor beweerde skadelike storting van aartappels, maar volgens alle aanduidings kán die tarief binnekort weer gehef word.
Volgens News24 kan die minister van handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel egter steeds kies om ‘n permanente teenstortingstarief in te stel.