23 Augustus 2024
Die adjunkhoof van die Pretoria High School for Girls is deur die onderwysdepartement in Gauteng uit haar pos verwyder na aanleiding van twee onlangse rasse-voorvalle by dié skool.
Die departement se woordvoerder, Steve Mabona het aan Netwerk24 gesê dat Doret Schoombie se voorsorg-oorplasing kom te midde van sy onafhanklike ondersoek oor bewerings dat daar ‘n kultuur van rassisme by die skool is.
LEES OOK: PHSG: Onderwysdepartement gaan verdere ondersoek instel na “rassisme op WhatsApp”
Hy sê die uitkoms van die ondersoek sal bepaal watter stappe verder gedoen sal word. Die skoolhoof, Phillipa Erasmus is vroeër die maand tydelik geskors.
In Julie is 12 leerlinge geskors nadat hulle glo op ‘n privaat WhatsApp-groep hulle swart mede-leerlinge bespreek het.
LEES OOK: Girls High: Dissipline, en opvoeding nié net die skool se verantwoordelikheid nie, sê LUR
Die meisies is terug by die skool nadat hulle in ‘n tugverhoor onskuldig bevind is. Ook in Julie is ‘n matriekleerling geskors nadat sy op ‘n video gesê het dat die swart leerlinge nog geen wit kind gevra het om voor hulle te buig nie.