Gimnasiums, kerke en biblioteek stel geriewe beskikbaar aan inwoners van Pretoria-Oos


Luister nou

Volgende

Gimnasiums, kerke en biblioteek stel geriewe beskikbaar aan inwoners van Pretoria-Oos

8 Desember 2021

Die VF Plus sê in ‘n verklaring dat sekere Virgin Active-gimnasiums, die Alkantrand-biblioteek en die Valleysig-kerk hul geriewe beskikbaar gestel het aan inwoners van Pretoria-Oos wat kragloos gelaat is nadat ʼn brand by die Mooikloof-substasie op 1 Desember uitgebreek het.

Inwoners kan nou die plekke besoek om onder meer hul selfone te herlaai, kos voor te berei en van die stortgeriewe gebruik te maak.

LEES OOK: METRO SÊ HY MAAK VORDERING MET HERSTELWERK AAN MOOIKLOOF

Hierdie inisiatief van die VF Plus volg nadat die Tshwane-metroraad gewaarsku het dat die herstelwerk aan die substasie nog etlike dae gaan duur.

Die VF Plus-raadslid, Lenor Janse van Rensburg sê inwoners kan nie gestraf word vir die swak instandhouding van kraginfrastruktuur nie en die VF Plus sal in die metroraad aandring dat meer geld beskikbaar gestel word vir die onderhoud en instandhouding van kritieke infrastruktuur.

“Misdaad in die gebiede het ook sedert die kragonderbreking in toegeneem en die polisie en private sekuriteitsmaatskappye doen alles in hul vermoë om inwoners se veiligheid te verseker,” sê Janse van Rensburg.

LEES OOK: 26 PANELE BY MOOIKLOOF SUBSTASIE IN BRAND VERWOES

Inwoners kan van die volgende punte gebruik maak:

  1. Virgin Active Menlyn: Serenestraat 241, Garsfontein, Menlyn.
  2. Virgin Active Faerie Glen: Parkview Leefstylsentrum, hoek van Netcare- en Garsfonteinstraat, Pretoria.
  3. Virgin Active Faerie Glen: Haymeadowstraat 2, Lakeside, Pretoria.
  4. Virgin Active Hazeldean: Hoek van Silverlakes- en Grahamstraat, Tijgervallei uitbreiding 16, Hazeldean.
  5. Valleysig-kerk: Tipperyweg 758, Faerie Glen, Pretoria: Gratis internet en koffie sal bedien word.
  6. Alkantrand biblioteek: Lynburnstraat, Lynwood Manor, Pretoria: Gratis internet en werkstasie beskikbaar.

Inwoners wat van die gimnasiums se geriewe gebruik wil maak moet ʼn afskrif van hul ID-dokumente saamneem aangesien registrasie vereis word.

LEES OOK: TSHWANE-METRO: 7- TOT 9 DAE VIR MOOIKLOOF SUBSTASIE HERSTELWERK

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Indoors,Chicken,Farm,,Chicken,Feeding

350 000 uitgehongerde hoenders in minder as ‘n week van kant gemaak

weskoppies

Burgemeester sê kragtoevoer na Weskoppies-psigiatriese hospitaal sal binnekort herstel word

eikenhof

AfriForum Jeug bring PAIA-aansoek oor NWU se ondersoek ná beweerde “sangoma-ritueel”

ramaphosa-signs-NHI-Bill-into-law-NEW-CCV-XXX

Ramaphosa se ondertekening van NGV mag ingevolge hofbeslissing hersien word

Untitled design (1)

Boksburg-man dood na kroeg-aanranding

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
SA se enigste rybewys-drukker dalk binnekort herstel
GqNVwjBWcAANx_z
“Ons sal transformasie in hul kele afdwing,” sê minister
GqVSQ0XXsAEMZ2w
Spanning tussen Indië en Pakistan loop hoog
Indoors,Chicken,Farm,,Chicken,Feeding
350 000 uitgehongerde hoenders in minder as ‘n week van kant gemaak
weskoppies
Burgemeester sê kragtoevoer na Weskoppies-psigiatriese hospitaal sal binnekort herstel word

Gimnasiums, kerke en biblioteek stel geriewe beskikbaar aan inwoners van Pretoria-Oos


Luister nou

Volgende