Gift of the Givers: Gyselaar Gerco van Deventer na ses jaar vrygelaat


Luister nou

Volgende

Gift of the Givers: Gyselaar Gerco van Deventer na ses jaar vrygelaat

17 Desember 2023

Die nie-winsgewendeorganisasie, Gift of the Givers het vroeër vanmiddag gesê dat die Suid-Afrikaner, Gerco van Deventer glo vrygelaat is, ses jaar na hy gyselaar geneem is in Libië op 3 November 2017.

Volgens die organisasie is hy na ‘n hospitaal in Algerië geneem. Die koördineerder van Gift of the Givers, Imtiaz Sooliman, sê hy het Saterdagaand ‘n oproep van ‘n betroubare tussenganger gekry dat Van Deventer wel vrygelaat is.

Van Deventer is in 2018 aan  Al-Kaïda in Mali verkoop. Gift of the Givers het kort daarna betrokke geraak by onderhandelings vir sy vrylating. Die terreurorganisasie wou aanvanklik $500 000, of sowat R9,2-miljoen vir sy vrylating hê. 

Volgens Sooliman het hy nou die Suid-Afrikaner geword wat vir die langste tydperk as gyselaar aangehou is.

Sy vrou, Shereen het vroeër gesê dat sy nog nie hoop verloor het dat haar man leef nie. Sooliman sê reëlings sal getref word sodat Gerco so gou moontlik kan terugkeer na sy vrou, en 12-jarige seun Asher.

https://twitter.com/eNCA/status/1736390100571857293

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Gift of the Givers: Gyselaar Gerco van Deventer na ses jaar vrygelaat


Luister nou

Volgende